HUISHONDE > WEBINAR

Gebiedsaanpassing 101

  • Wat is gebiedsaanpassing?
  • Hoekom is dit belangrik?
  • Hoe begin ek gebiedsaanpassing doen met my hond?
Aangebied deur Philip van Heerden, Gedragskenner en Hoof van Opleiding vir A Wagging Success

Gebiedsaanpassing is ‘n minder bekende konsep vir meeste hondemense – en tog is dit absoluut krities!

Dit is ‘n konsep wat baie gebruik word vir taktiese honde, wat hulle in staat stel om onder alle omstandighede te funksioneer en kalm te bly sodat hulle saam met hul hanteerder kan werk.

En dit is 100% van toepassing op ons HUISHONDE ook!

‘n Hond met sterk gebiedsaanpassing kan:

  • vreemde plekke besoek en steeds kalm bly
  • vinniger kalmeer wanneer jy by ‘n nuwe plek aankom
  • Stap en ook fokus op nuwe plekke
  • Gemaklik op vakansie gaan, restaurante besoek, ens.

 

Kom leer meer oor gebiedsaanpassing saam met ons met ‘n vinnige aanlyn webinar om ons honde voor te berei vir die vakansietyd!

DATUM: Woensdag 7 Desember 2022

TYD: 20:00

PLEK: Google Meet

HOE WERK DIT?

  1. Registreer aanlyn om die webinar by te woon
  2. Voor die webinar sal jy ‘n e-pos ontvang om aanlyn in te skakel – al wat jy nodig het is Google Chrome, geen ekstra toepassings nie
  3. Tydens die webinar sal ons ons bes doen om vrae te antwoord
  4. Indien jy dit nie live kan bywoon nie, sal jy na die tyd ‘n skakel ontvang om dit te kyk op jou eie tyd

Gebiedsaanpassing 101 - Gratis Aanlyn Webinar Registrasie

KONTAK ONS DIREK!

Indien nodig, of as jy enige probleme ervaar met die registrasie, kan jy ons gerus direk kontak:

Tersia – 072 798 1461 (WhatsApp welkom)

tersia@waggingsuccess.co.za

OF BESOEK ONS SOSIALE MEDIA: